Congress of the People

Congress of the People
Cope
Leier Mosiuoa Lekota
Slagspreuk Reliable, Accountable, Incorruptible
Gestig 16 Desember 2008
Afgestig van African National Congress
Hoofkwartier Frickerweg 34–36, Illovo, Johannesburg, Gauteng
Studentevleuel Congress Students Movement [CopeSM]
Jeugvleuel Congress Youth Movement
Ideologie Sosiale demokrasie
Sosiale liberalisme
Progressiwisme
Nasionale affiliasie Collective for Democracy
Internasionale affiliasie Geen
Amptelike kleure Geel en rooi
Webblad www.congressofthepeople.org.za
Mosiuoa Lekota in 2000

Die Congress of the People (Cope, "Kongres van die mense") is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2008 gestig is deur voormalige lede van die African National Congress.[1] Die party word aanvanklik gelei deur voormalige ANC-lede Mosiuoa Lekota, Sam Shilowa en Mluleki George en het deelgeneem aan die 2009-verkiesing. Die party se totstandkoming is aangekondig na 'n nasionale byeenkoms in Sandton op 1 November 2008 en is amptelik tydens 'n kongres gestig in Bloemfontein op 16 Desember 2008. Die naam herinner aan die 1955-kongres, ook getiteld Congress of the People, waartydens die Vryheidsmanifes deur die ANC en ander partye aangeneem is. Die party se oogmerk is om die Suid-Afrikaanse Grondwet te beskerm.

In die algemene verkiesing van 2009 het die party 1 311 027 stemme en 'n 7,42%-aandeel van die stemme gekry. Ná die 2009-verkiesing het COPE 'n leierskapsgeskil ervaar tussen faksies wat Mosiuoa Lekota ondersteun en ander wat Mbhazima Shilowa ondersteun,[2] wat gelei het tot 'n 2013-hofstryd, [3] en tot in 2014 voortgeduur.[4] Ná die 2014-verkiesing het COPE met net drie setels in die Nasionale Vergadering oorgebly, af van 30 setels in 2009.[5]

Ondanks sy verminderde statuur het die party saam met die veel groter Demokratiese Alliansie (DA) en verskeie ander kleiner partye aangesluit om Nelson Mandelabaai, Johannesburg en Tshwane na die munisipale verkiesing van 2016 saam te regeer.

  1. "New party to challenge ANC rule" (in Engels). BBC News. 16 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 13 Oktober 2016.
  2. "'Infighting necessary' - Cope". www.sowetanlive.co.za. 13 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2014. Besoek op 7 Januarie 2014.
  3. Shanti Aboobaker (27 Oktober 2013). "Shilowa row goes back to court". IOL News. Besoek op 21 November 2018.
  4. Khulekani Magubane (7 Januarie 2014). "COPE factions headed for court battle". www.bdlive.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2014. Besoek op 7 Januarie 2014.
  5. "Only COPE has lost more seats than ANC". BDlive. 9 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2014. Besoek op 11 Mei 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne